Wat is bobshop.co.za?

bobshop.co.za is 'n virtuele mark waar kopers en verkopers bymekaar kom om feitlik enigiets onder die son te koop en te verkoop.

Verkopers kan hulle items omskakel in kontant en kopers kan items teen baie aanloklike pryse opspoor.

Produkte kan aanlyn, met behulp van die internet, in 'n opwindende veiling formaat verkoop word.  In hierdie veiling formaat word die items nie met vasgestelde pryse beskikbaar gestel nie.  Die produk wat op veiling verkoop word, word eerder in so 'n wyse verkoop waar die uiteindelike prys bepaal word deur die minimum bedrag wat die verkoper gewillig is om te aanvaar en ook die maksimum prys wat 'n koper bereid is om te betaal.

Verskeie items word ook aanlyn teen vasgestelde pryse verkoop.  Dit beteken dat jy nie hoef te wag vir 'n veiling om te sluit voor jy uitvind of jy die "wenner" van die item is nie.  Wanneer 'n item teen 'n vasgestelde prys verkoop word, is die prys wat jy sien, dit wat jy vir daardie item gaan betaal.  Jy kan die item sonder uitstel aanskaf en die transaksie voltooi.

Die items wat op hierdie virtuele mark beskikbaar gestel word strek van vakansie pakette tot vliegkaartjies, voertuie, boeke, meubels, sporttoerusting en vele meer.  Daar is ook verkopers wat tweedehandse goedere verkoop.

In die verbruiker-tot-verbruiker sektor, sien bobshop.co.za hulself as plaasvervanger van die tradisionele koerant geklassifiseerde afdeling.  Waar die sake-tot-verbruiker sektor van bobshop.co.za alternatiewelik dien as 'n virtuele inkopiesentrum, wat verkoopspasie aan verkopers bied om hulle produkte uit te stal vir virtuele kliente.

Hoe werk bobshop.co.za?

Sonder om te registreer of om persoonlike inligting weer te gee, kan internet gebruikers al die produkte asook die fotos en beskrywings van die produkte op bobshop.co.za besigtig.  Indien ‘n gebruiker wel wil deelneem aan ‘n veiling, of ‘n produk wil aanskaf teen ‘n vasgestelde prys, moet hulle registreer.  Hierdie registrasie proses neem ongeveer 60 sekondes.  Internet gebruikers sal dan 'n rekening nommer asook 'n wagwoord toegeken word, wat hul kan gebruik om in te teken.  Indien rekeninghouers suksesvol ingeteken het, kan hulle op produkte bie of teen 'n vasgestelde prys aankoop.  

Rekeninghouers kan ook verkopers wees waar hulle hul eie produkte op die platform verkoop  Verkopers kan hul produkte in veiling formaat of vasgestelde prys formaat verkoop.

Ten opsigte van die veiling formaat sal die verkoper besluit wat die reserwe bedrag sal wees.  Hierdie bedrag word nie aan ander gebruikers bekend gemaak nie maar daar is 'n boodskap by die produk beskrywing wat potensiële kopers inlig of die reserwe prys al bereik is of nie. (Neem kennis:  die eerste bie’s kan laer wees as die reserwe prys, maar die reserweprys is die laagste bedrag wat die verkoper sal aanvaar vir die produk).  Wanneer 'n veiling suksesvol geëindig het, (m.a.w. ten minste een bie oor die reserwe prys bereik het indien daar 'n reserwe prys was) word beide die verkoper en die koper outomaties in kennis gestel.  Daarna maak beide partye kontak met mekaar om die transaksie te beklink.  

Ten opsigte van die vasgestelde prys formaat sal die verkoper besluit op 'n prys waarteen die produk verkoop sal word.  Die verkoper het ook die opsie om die markwaarde van die produk by te voeg wat daartoe sal lei dat 'n afslag persentasie vertoon.  Die koper sal die item koop en beide die verkoper en die koper sal outomaties in kennis gestel word.  Daarna maak beide partye kontak met mekaar om die transaksie te beklink. 

Beide die verkoper en die koper is gebind deur 'n wettige ooreenkoms, wat "geteken" word wanneer hulle op die platform registreer.


Hoekom moet ek bobshop.co.za gebruik?
 

Dit bied uistekende blootstelling aan verkopers aangesien bobshop.co.za virtuele mark is wat konstant aanlyn bly en deur middel van 'n baie effektiewe bemarkingsveldtog bestuur, word produkte op die webwerf aan baie hoë verkeersvolume blootgestel.

Dit is die volmaakte platform om al jou voorraad te verkoop aan miljoene kopers wat elke maand die platform besoek.

Daar is geen maandelikse fooie of enige aansluitingsfooie nie.  

Dit is 'n kontemporêre plaasvervanger van die tradisionele geklassifiseerde advertensie afdeling van dagblaaie.  Dit laat verkopers toe om 'n kleiner of groter hoeveelheid voorraad in 'n veiling formaat of 'n vasgestelde prys formaat te verkoop en dus hul inkomste vermeerder deur ‘n kliënte basis te bereik wat hul andersins nie sou kon doen nie.

bobshop.co.za bied verkopers dus gratis blootstelling en advertensie voordele, bloot deur produkte op die platform te lys.

bobshop.co.za bied kopers 'n reuse verskeidenheid van produkte teen mededingende pryse.

View All Articles