Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Nuut - n Boer in Argentinië deur PH Henning, A5, sagteband, 216 bls. Talle fotos [vorige uitgawe 1940] PH Henning het na die Tweede Vryheidsoorlog saam met sy ouers na Argentinië verhuis.
In die dertigerjare het hy as volwasse persoon permanent na Suid-Afrika teruggekeer. Henning berig oor die algemene wetteloosheid wat in Argentinië aan die orde van die dag was en dat eerlike burgers dikwels wet in eie hande moes neem om te oorleef teen perdediewe, veediewe, rowers ens. Hy berig hoe Afrikaners hulself onder moeilike omstandighede opgewerk het. Hy berig oor avonture met wilde diere, hoe skaapboerdery in Argentinie bedryf word in vergelyking met skaapboerdery in die Karoo ens.