Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Barney vertel vir Baby Bop die storie van Die prinses sonder n liedjie om te sing'. In die oorspronklike sprokie verbeel Baby Bop haar dat sy die treuige prinsessie' is wat haar eie liedjie probeer vind. Barney, BJ en Riff, word almal karakters in die storie, deel hulle liedjies met haar en leer haar meer oor sang, klank, ritme en gevoel. Só vind die prinsessie haar liedjie en kan sy dit vir haar maats sing!
Dans
Jamal het nog nooit gedans nie en is te skaam om te kyk of hy kan. Eendag is daar n groot danspartytjie in die park en besluit Barney en sy maats om vir Jamal meer oor n paar danssoorte te leer. Barney verseker hom dat hy enigiets kan Doen wat hy regtig wil selfs dans. Met Barney se hulp sit Jamal op die einde die beste voetjie voor en geniet hy dit om saam met sy maats te dans!