Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
UNIEKE Plakboek met foto's en handtekeninge van twee volledige Nasionale Party-kabinette onder Staatspresidente Nico Diederichs, Marais Viljoen en John Vorster. Versamel oor 'n tydperk van drie jaar. Bevat sommige persoonlike briefies en notas ook.
Van die foto's en handtekeninge is deur onder meer BJ Vorster, PW Botha, FW de Klerk, Pik Botha, Marais Viljoen, Dawie de Villiers, Connie Mulder, Jimmy Kruger, Piet Koornhof, Hendrik Schoeman, Alwyn Schlebusch, Andries Treurnicht, Schalk van der Merwe, Lapa Munnik, Ferdie Hartzenberg, Punt Janson, Hennie Smit, Owen Horwoord, ens.
Die versameling vertel 'n storie in ons geskiedenis en die name is alombekend - sommiges taamlik berug, maar nietemin steeds interessant - en aansienlik jonger as nou!
Ek is nie seker of daar 'n plek vir hierdie tipe politieke memorabilia in ons land is nie, maar dit verteenwoordig tog 'n tydperk in die geskiedenis wat steeds onthou sal word.
Dis 'n algeheel unieke versameling.
Die foto van FW de Klerk alleen is minstens R500 werd aangesien hy 'n mede-Nobelpryswenner is.