Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Kobus Galloway se Idees Vol Vrees-tekenprente is nou nóg meer bekend as wat dit ’n jaar gelede was: sy aanhangers op Facebook het verdubbel tot meer as 50 000, en die eerste IVV boek was ’n reuse sukses. Hierdie ongewone, spitsvondige en grappige Afrikaanse tekenprente, wat gewoonlik gepaard gaan met dubbelsinnige eenreël-woordspelings, is ’n groot gunsteling onder Suid-Afrikaners. Wonderlik vir die klaskamer, die braai of selfs die koffietafel!
Idees Vol Vrees Volume 2 bevat meer as 150 tekenprente, waaronder die gewildstes (dié waarvan Facebook-gebruikers die meeste hou) en meer as 100 nuwe tekenprente wat nog nêrens anders verskyn het nie. Dit is ’n moet-hê vir die tienduisende bestaande bewonderaars, en sal ongetwyfeld ’n hele klomp nuwes skep. As ’n bonus is daar ook 50 oorspronklike eenreël-woordspeling grappies wat deur Kobus geskryf is bygevoeg.