|
Gideon Retief von Wielligh(1859-1932) was een van ons eerste en voornaamste Afrikaanse skrywers en het onder meer werke soos 'Ghwennie Barnveld','Die Vrouens van Vrindenburg',sy versamelings 'Boesmanstories' en 'Dierestories',Nimrod Seeling','Ons Geselstaal' en 'Huis en Veld' nagelaat tot ons Afrikaanse letterkundige erfenis.Brief is in baie goeie toestand en 'n rariteit soos min.Veral interressant is die feit dat hierdie brief korrespondensie is vir die skrywer se EERSTE werk gedruk in boekvorm. BRIEF LEES AS VOLG: Kafferstad,Hendrina 17 Des.1917 Met dank ontvangen de zom van tien pond, zijnde volle betaling voor eerste deel "Diere Stories" door mij geschreven en zoals tans verschenen in boekvorm-uitgegeven door Mnr.J.L.van Schaik van Pretoria voldaan G.R.von Wielligh 17.12.17 Wat is prys per boek 'Diere stories'?Donderdag(ons bank dag)zend ik u geld voor rekening en boeken.G.R.v.W. Brief is addisioneel geteken deur von Wielligh aan die agterkant soos per foto dus,in totaal,drie keer geteken.
|