This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 5 - 13 working days
Boontjiestowe, koolfrikkadelle, tamatiebredie, sagopoeding en broodpoeding eerlik gemaak, sonder fieterjasies en moderne byvoegings is die onopgesmukte huiskos waarna ons elkeen verlang. Die hartskos wat met n stewige dosis van ma se liefde voorberei is en ons instinktief laat weet dat ons by die huis is. Dit is in die reuk van speserye en gebraaide uie, van varsgebakte brood en heerlike soet poeding. Kook Saam Kaaps, in samewerking met RSG, stel die kos van Koelsoem Kamalie en Flori Schrikker, twee afgetrede tannies van Bonteheuwel in die Kaap, bekend. Met onfeilbare resepte, perfek-beproef na jare se ondervinding, kan elkeen weer huiskos, soos ons mas dit gemaak het, in hul eie kombuise voorberei. Die bestanddele is bekombaar in enige winkel, die resepte nie uitgerek nie, en die resultate is gewaarborg. Beide Koelsoem en Flori word gereeld deur Amore Bekker van RSG geskakel om hul resepte op haar program, Tjailatyd, te deel. Voorbeelde van resepte: Uieslaai, Tuna-viskoekies, Groentekoekies, Kerrieafval, Tamatiepootjies Tamatiefrikkadelle, Boontjie-en-wors-bredie, Wortel-en-ertjie-bredie, Koolbredie, Ouvrou-onder-die-kombers, Hoenderpastei, Groentesop, Vissop, Aartappel-en-uie-sop, Romerige botterhoender, Maalvleis roly-poly, Vinnige rosyntjiebroodjie, Spinasiebrood, Granny Smith appels met patatvulsel, Onmoontlike tert, Ma Flori se pynappelyskastert, Broodpoeding, Malvalekkerpoeding, Onderstebo-tert.
Features
Summary | Kook Saam Kaaps, in samewerking met RSG, stel die kos van Koelsoem Kamalie en Flori Schrikker, twee afgetrede tannies van Bonteheuwel in die Kaap, bekend... |
Author | Koelsoem Kamalie (Author), Flori Schrikker (Author) |
Publisher | LAPA Publishers (Pty) Ltd / LAPA Uitgewers (Edms) Bpk |
Release date | 20160301 |
Pages | 112 |
ISBN | 0-7993-7503-9 |
ISBN 13 | 978-0-7993-7503-9 |