This item has closed 2 buyers bought 2 items
View other items offered by Global Villages191

Similar products

R30 shipping
Dungeons and Dragons - Cluedo
R785
Heroclix Teen Titans #16 Grymm
R44
R30 shipping
milton bradley vintage Battleship board game 2002 made in USA hasbro
R320
R30 shipping
Vintage Risk - Parker Brothers - Circa 1960`s
R425

Boereplaas (Afrikaanse bordspel) - nou weer beskikbaar na dekades!!!

New
Indicative market price: R420
R360.00 14% OFF
Shipping
Standard courier shipping from R30
R30 Standard shipping using one of our trusted couriers applies to most areas in South Africa. Some areas may attract a R30 surcharge. This will be calculated at checkout if applicable.
Check my rate
Ready to ship in
The seller has indicated that they will usually have this item ready to ship within 3 business days. Shipping time depends on your delivery address. The most accurate delivery time will be calculated at checkout, but in general, the following shipping times apply:
 
Standard Delivery
Main centres:  1-3 business days
Regional areas: 3-4 business days
Remote areas: 3-5 business days
Buyer Protection How you're covered
Get it now, pay later

Product information

Condition:
New
Location:
South Africa
Customer ratings:
Bob Shop ID:
241018731

 

Boereplaas ™ is hier!


BOEREPLAAS ™ is groot pret. Nou vir die eerste keer in jare, is daar weer ’n eg-Suid-Afrikaanse bordspeletjie op die mark. Net in Afrikaans. Net in Suid-Afrika. Met die heel beste en mooiste prente en kwaliteit bybehore.


Kry die hele gesin saam, bel jou maats, kom speel Boereplaas. Nou gaan ons Boer!


Kom speel ‘n lekker moderne weergawe van Boereplaas! Beurtkrag laat jou kuikens vrek, jy moet allerhande belastings betaal en die werkers staak vir hoër lone. Aan die positiewe kant voer jy vrugtesap uit na Doebai, begin ’n staproete op jou plaas en begin ’n aanleg vir gebottelde water.


BOEREPLAAS ™ is pret, maar ook opvoedkundig. Dit leer kinders (en grootmense) van boerdery, ondernemingsgees, taalvaardighede, rekenkunde en sosiale interaksie. Ook hoe om met geld te werk. Jy moet oordeelkundig op jou plaas boer, anders speel jy dalk bankrot of kan jy nie ’n trekker of huis vir jou plaas bekostig nie. Leer om somme te maak as jy aankope en verkope doen en van die goeie en slegte tydings met boerdery.


Speel die Boereplaas speletjie en ondersteun Afrikaans. Dis nou beskikbaar, moet dit nie misloop nie.

 

Doel van die Spel

Onthou jy vir oom Kallie, daardie droogmaker-voorman op Boereplaas wat nooit iets kon reg doen nie? Wel, ontmoet oom Sakkie! Hy kan niks regdoen nie. Hy leen jou (die boer) voertuig en gooi petrol in jou diesel bakkie en stamp die bakkie as hy dorp toe gaan. Hy leen ook geld en dobbel alles uit by die casino. Hy is ‘n modern ramp! Ongelukkig het jy vir oom Sakkie nodig om jou boerdery aan die gang te kry. Soos met enige bordspeletjie is daar sekere reëls waarvolgens die spel gespeel word. Hier ’n paar hoofkenmerke van BOEREPLAAS™:


Spelers
Spelers vanaf so 6 jaar kan deelneem. Tieners, jongmense en grootmense speel net so lekker BOEREPLAAS! Dit is ‘n spel vir oud en jonk en die ideale spel vir families.


Die spel kan deur 2 tot 6 spelers gespeel word. Een van die spelers (of ‘n person wat nie deelneem aan die spel nie), kan as die Bankier van die Boere Bank funksioneer.


Die tydsduur van die spel is ongeveer 30 tot 60 minute


Om die spel te begin.
• Kry ‘n groot tafel met genoeg sitplek vir elke speler, plek vir sy bord en geld wat deur die bank voorgeskiet word. Elke speler kry een bord (wat ‘n plaas verteenwoordig).
• Die Bankier (een van die spelers) deel nou die volgende geld uit aan elke speler: 1xR500; 2xR200; 4xR100; 4xR50; 4xR20; 5xR10 vir ‘n total van R1,630.
• Al die kaartjies word deurmekaar geskommel (prent- en opdragte kaartjies) en in die middel van die tafel geplaas.
• Een speler begin die spel en trek dan die boonste kaartjie uit die geskommelde kaarte.
• Die opdragte kaartjie se opdragte moet uitgevoer word, terwyl die prentkaarte (opsioneel) aangekoop kan word indien dit opgetel word.
• Betalings moet aan die Boere Bank deur die Bankier gedoen word, tensy die kaartjie ‘n ander opdrag gee.
 


Toebehore

Die toebehore vir die spel bestaan uit 6 borde (of plase); 132 kleurkaartjies (gewasse, vee & implemente) en geldkaartjies met ses denominasies.


Ses borde

Die borde verteenwoordig verskillende Boere wat elkeen op ‘n plaas met gemengde boerdery moet boer. Daar is ses plase met die volgende lekker Afrikaanse Boere- en plaasname: Oom Peet van Swerwersrus; Oom Anton van Vrekgesukkel; Oom Hennie van Rooikraal; Oom Dawie van Volstruiskop; Oom Sarel van Blesbokvlakte en Oom Gerrie van Rysmierbult.


Kleurkaarte (boerdery gewasse, vee & implemente)
Elke bord het plek vir 10 kleurkaarte wat elkeen teen ‘n prys aangekoop kan word: Oom Sakkie, die plaasvoorman @ R20; Die Plaashuis, oftewel woning op die Boer se plaas @ R1500; Trekker @ R460; Beeste @ R300; Hoenders @ R80; Mielies @ R200; Koring @ R120; Aartappels @ R80; Vrugte @ R60 & Groente @ R40.


Speelkaarte
Daar is 72 kaartjies wat spelers om die beurt moet optel. Hierdie kaartjies verteenwoordig winste of verliese van die spelers.


Geld
Daar is 148 geldkaartjies met die volgende waardes: 6xR500; 16x R200; 30xR100; 30xR50; 30xR20 & 36xR10


Daar is 6 borde
Met 132 kleurkaartjies
En 72 Speelkaartjies
Asook 148 geldkaartjies

Customer ratings: 1 ratings

Thank you so much. Will definately do business with you again.
10 Sep 2016