Het Olifante Elmboe? Outobiografiese verdigsels soos bygelieg deur P.G. du Plessis

Het Olifante Elmboe? Outobiografiese verdigsels soos bygelieg deur P.G. du Plessis

1 available / Secondhand
R55.00

Seller

Joined 11 Jun 2009
Wellington
bidorbuy ID: 257706287

Het Olifante Elmboe Outobiografiese verdigsels soos bygelieg deur  - P.G. du Plessis - Tafelberg - 1987, eersteuitgawe, eerste druk - 110pp, 'n mooi skoon kopie.

 Outobiografiese verdigsels soos bygelieg deur P.G du PlessisIn Het olifante elmboë? vertel P.G. du Plessis van ontmoetings. Van kennismakings met mense en menslike lotgevalle wat hom diep geraak het; hom ontstel, besiel of geamuseer het; soms op verrassende wyse sy lewensuitkyk beïnvloed het.Met teerheid en humor vertel hy van ontmoetings met kinders, wat hom laat besef het hoe verlossend die vrye spel van die verbeelding en die hart is in ’n samelewing wat almal wil hokslaan.Hy vertel ook van konfrontasies met die dood: van Freddie, die skoolseun wat in Schoonspruit se bruin stormwater weggeraak het; van John, die statusverslaafde sakeman wie se gejaagde lewe eindig in ’n beriggie op bladsy vyf van die koerant; van Joggie, die boer, verslaan deur droogte, wat nie wil leef om die stem van die afslaer op sy erfplaas te hoor nie.Heerlik satiries is sy duiwelstories, waarin hy vertel hoe Beëlsebub by sy vuurtjie op die plaas kom sit en kookwater-voorstelle doen oor die verdere uitbuiting van Afrikaner-sondes.

En dan is daar Mattewis, sy vertroueling op die plaas, ’n gebore filosoof wat dinge kostelik kan raaksê. “In die nag loop ’n mens se uithou op reserve”, lui een van sy “wette”, en ’n ander: “’n Mens lad altyd die mooiste vir jou eie spieël, behalwe in die oggend.”

Geil stories, snaakse stories, hartseer stories – die hele spektrum van die lewe word hier bestryk en wat ’n mens bybly, is die ruime menslikheid van hierdie verteller.

 


Warranty & Guarantee:

Loading Shipping and Payment Options

Buyer Feedback for The Book Traders3875

rated on 04 Dec 2016
lynpva343
rated on 04 Dec 2016
decorvation112
rated on 01 Dec 2016
steph.devilliers1
 

Similar items