EERSTE UITGAWE!! Systap onder die Juk Sketse van Vreeslose Vrystaters- Dot Serfontein

EERSTE UITGAWE!! Systap onder die Juk Sketse van Vreeslose Vrystaters- Dot Serfontein

1 available / Secondhand
R75.00

Seller

Joined 11 Jun 2009
Wellington
bidorbuy ID: 257706290

Systap onder die Juk - Dot Serfontein - 1969, eerste uitgawe - Human & Rousseau - 141pp, swart en wit foto's - Hardeband in goeie toestand - Stofomslag toon 'n mate van rakverweer - Intern mooi skoon en stewig gebind.

Met haar innemende en boeiende vertelstyl teken Dot Serfontein in Systap onder die juk verhale oor die lewens van ’n versameling merkwaardige mense op. Die leser leer ken ’n groep Noord-Vrystaters wat aan dié wêreld sy sonderlinge geskiedenis en karakter verleen het. Dit is ’n distrik “lankal reeds bewoon deur verantwoordelike, stoere mense wat hulle deur niemand laat voorsê nie”, soos dit in die titelverhaal gestel word.

Van hierdie stoere mense is byvoorbeeld die unieke tant Hannie Wolmarans. Die staaltjies oor haar het vir die skryfster as kind so onwaarskynlik geklink dat hulle in dieselfde klas as sprokies geval het. Daar is byvoorbeeld ook oom Lood, wat selfs in die eienaardige Serfontein-familie, hom kon onderskei as ’n eienaardige mens. Die luimige aard van die vertellings word ook in hierdie bundel deurweef met waardering en deernis, veral vir haar ma Boeta en pa Oupats.

“Sulke feite bewys weer die onomstootlike waarheid dat in die klein en in vroeër tyd afgesonderde Suid-Afrikaanse samelewing, almal aan almal geskakel het: al die vernames aan die berugtes, al die kleines aan die grotes en dat vrywel enige hedendaagse Afrikaner as hy die dag onbelangrik voel, besieling en belangrikheid uit sy familiegeskiedenis kan gaan haal.”


Warranty & Guarantee:

Loading Shipping and Payment Options

Buyer Feedback for The Book Traders3875

rated on 01 Dec 2016
steph.devilliers1
Agaat - Marlene van Niekerk
Comment:
never received
rated on 01 Dec 2016
mavijones14
rated on 30 Nov 2016
Another Round296
 

Similar items