R60 Standard shipping applies to orders under R100, in most areas in South Africa. R30 Standard shipping applies to orders over R100. Some areas may attract a R30 surcharge. This will be calculated at checkout if applicable. Check my rate
Ready to ship in
The seller has indicated that they will usually have this item
ready to ship within 3 business days. Shipping time depends on your delivery address. The most
accurate delivery time will be calculated at checkout, but in
general, the following shipping times apply:
Voetspore 2 - 'n Kookboek Vir 4x4 Entoesiaste - Johan en Alma Badenhorst - Human & Rousseau - 'n baie mooi skoon kopie.
Voetspore is ’n dokumenter-avontuur op SABC 2. Johan Badenhorst en sy makkers het onlangs die agtste reeks, Voetspore op die Ewenaar, voltooi. Maar sulke reise kos fyn beplanning, veral wat die spys en drank aanbetref. Wie kan gaan krokodille kyk of ’n voertuig uit die modder sleep op ’n lee maag? Johan en Alma het uit ondervinding die resepte en beplanningslyste saamgestel. Alle resepte dui die voorbereidings- en gaarmaaktyd aan – sodat jy self kan besluit hoeveel tyd jy het voor die son sak. Die resepte is eenvoudig maar watertand-lekker, alles saamgestel uit die beplande inkopies. Hoogtepunte in die nuwe uitgawe sluit in Keniaanse Vermicelli brood, Pangebraaide oester, Hoenderflambe in whiskey en Cajun Kabeljou. Die kookboek pas gemaklik in jou voertuig se paneelkissie – en is net so belangrik soos jou domkrag, spaarwiel en sleeptou.