Eerste druk 1966. Hardeband in goeie toestand. Vismotskade op eerste (leë) blad, en skeurtjie en voumerke op laaste blad.Met tekeninge deur Katrine Harries.Heerlike voorleesstof!!: "Koeneels, sê Dirkie, wat sê die water? Koeneels se wit kop buk laag oor die graaf wat die walletjie maak. Die water sê niks, sê hy, die water lag stilletjies oor alles wat hy weet. Weet hy alles van die akkerboom se wortels wat so diep, diep in die dam is?, vra Dirkie. Juistemitters, sê Koeneels, hy weet alles wat diep, diep in die dam is en hy weet alles wat hoog, hoog in die lug ook is, alles weet hy en oor alles lag hy.Dirkie luister na die water se gorrellaggies en hy kyk op na die akkerboom en die hoë lug."
|