Daai ding loop in jou bloed Op reis deur die Namahartland - Lene Malan en Aneta Shaw - Protea Boekhuis - 2011, eerste uitgawe, eerste druk - 184pp, kleur foto's - Sagteband in goeie toestand - Intern skoon en stewig gebind.Calatz Cloete, bestuurder van die Kooh-Rooh-Kooh-gemeenskapsontwikkelingsprojek in Steinkopf, se interessante Afrikaanse aksent een oggend op RSG het een luisteraar se belangstelling geprikkel. Hy het vertel van die Namafees wat in September op Steinkopf gehou word en luisteraars uitgenooi om hom te skakel. Dit was die begin van groot dinge … Daardie luisteraar en haar vriendin het besluit om die spoor van die Nama-mense (afstammelinge van die Khoi-Khoi) van die Noord-Kaap te volg. Hulle vertrek met die doel om uit te vind hoe hulle “gefragmenteerde” kulturele ervaringe eenders of anders as dié van Annie en haar mense, die sogenaamde Kaapse bruinmense is. Maar wat begin het as ‘n soeke na “objektiewe” feite en inligting, het mettertyd gelei tot ‘n proses van selfondersoek en ‘n ontdekkingstog wat deur noue, intieme interaksie met die mense van Namakwaland, hoop skep dat lampe aangesteek kan word wat die “andersheid”, maar veral die “eendersheid” van die verskillende etniese en kulturele groepe in SA sal uitlig.Oor die outeurs: Lené Malan het navorsing oor die vertelkuns aan Bristol Universiteit in Engeland gedoen. Dr Aneta Shaw het in haar doktorale verhandeling gekyk na die lewens en aanpassings van Suid-Afrikaanse diplomaatgesinne regoor die wêreld, met ’n fokus op “die oorsteek van persoonlike en kulturele grense”
|
by dodgster (29
by SIKA (1224
by Peter Croeser (47