This item has closed.
View all items in the bidorbuy category Books. View other items offered by Surferbaybooks (2485 Rating score between 1000 and 4999Verified User

Verkennings Kommandos. Ons Vergeet Nie. Die Recces - Peet Coetzee (Geteken)
bidorbuy ID: 65056408

Verkennings Kommandos. Ons Vergeet Nie. Die Recces - Peet Coetzee (Geteken)

R200.00

2010 Eerste uitgawe eerste druk. Nuwe boek. Sagteband. Geteken met die komplimente van die Skrywer. Baie s & w fotos

 

Resensie: -

“DIE boek is n vertaling na Afrikaans van die Engelse SPECIAL FORCES JAM STEALER wat in 2008 gepubliseer is. En dit geniet die erkenning wat JAM STEALER reeds verwerf het as n aangrypende oorlogsmemoir en as die mees omvattende en ryklik geïllustreerde van alle grensliteratuur boeke.

As boonop een van die insiggewendste boeke oor die tegniese en praktiese aspekte van oorlogvoering in die konteks van die Grensoorlog glo ek ONS VERGEET NIE is n vertaling wat moes volg.

ONS VERGEET NIE is n persoonlike getuienis deur die skrywer, grootliks in eerstepersoonsvertelling, van sy ervaringe in die Bosoorlog en die 30 jaar wat hy soldaat was. Maar Peet Coetzee was nie by gewone soldate geplaas nie: Hy was ingedeel by die verkenning soldate; sy eenheid vir die tydperk van 13 jaar die beroemde en berugte “Recces”. Hierdie eenhede was pal aan die front en het meestal agter die linies van die vyand opgetree. Coetzee is egter nie verknog aan sy eie ervaring nie. Hy bied n vertelling verweef met verwysing na groter aspekte van die oorlog soos beskrywings van skermutselings en veldslae, operasies en optredes, met weergawe en aanduidings van algemene en alledaagse lewenswyse van n soldaat.

Hy kan ervaring van individuele soldate op grondvlak aan die front beskryf, sowel as insigte bied oor die groter oorlog en die oorlogsmasjien van die weermag. En dit het n besonderse balans van perspektief tot gevolg. Hy bied tegniese aspekte en praktiese fasette van oorlogvoering toeganklik aan en slaan met gemak oor na persoonlike wedervaringe.

Hierdie vertaling is in knap, eenvoudige, reguit Afrikaans en doen vir die Recces wat Die Buffel Struikel vir 32 Bataljon gedoen het.
Die indruk is dat die Recces nie net blindelings onverskrokke soldate met n “the devil may care but we dont”- houding was nie, maar dat dit n gespesialiseerde eenheid was wat oorlogvoering in die Grensoorlog amper vervolmaak het.

Dit laat n mens met nuwe waardering vir dié professionele soldate“. Adriaan van den Berg, vryskutresensent

 

 


Loading Shipping and Payment Options


Q:
Goeie dag
Kan ek 'n laer offer maak op hierdie boek nl. R120 ?
Groete
UPDATED: 29 Sep 08:33
Hallo Martin

Is daar 'n ander offer wat jy sal aanvaar?

Groete
Taeke - Asked by Taeke (16 Rating score between 10 and 49)
28 Sep 13:43 
 
A:
Hallo.
Baie dankie vir jou navraag. Die boeke is splinternuut en word reeds teen 'n 33% afslag aangebied. Jou aanbod is onder my aankoop prys en gevolglik spyt dit my dat ek nie jou aanbod kan oorweeg nie.
Groete
Martin
UPDATED: 29 Sep 10:50
Wederom.
Ek kan ongelukkig nie van die lys prys afwyk nie. Ek verkoop die boeke op "consignment" en het nie 'n mandaat om die prys aan te pas nie.
Koop gerus die boek. Bederf jouself met 'n plaaslike boek waarby meeste van ons wat diensplig gedoen het kan aanklank vind. Die boek is regtig baie goed geprys.
Mooi loop.
28 Sep 16:39 
 
Q:
Goeie dag

Ek kom nie reg op die web blad nie - bly vir my se error - kan u my kontak dat ek u bank detail kan kry asb

Dankie - Asked by lr109 (19 Rating score between 10 and 49)
24 Aug 11:58 
 
A:
Dankie vir jou navraag. Ek verstaan die probleem is opgelos. Geniet die boe.
Groete
Martin
24 Aug 15:03 
 
Q:
Hi SurferBayBooks,

Except for fact that we as buyers have a choice between an English version 2008 "Special Forces "Jam Stealer" or the Afrikaans version 2010 "Verkennings Kommandos. Ons Vergeet Nie. Die Recces", are there any difference in the contents of the books?

Kind regards,

Hans Dons
UPDATED: 30 Mar 14:35
Although I am Afrikaans speaking, I am equally conversant in both English and Afrikaans.

Just trying to make up my mind! :-)
UPDATED: 30 Mar 19:12
Hallo Martin,

Baie dankie vir jou terugvoer.

Dan sal ek vir die Afrikaanse weergawe gaan! :-)

Mooi aand verder.

Groete,

Hannes - Asked by Hans Dons (242 Rating score between 100 and 499)
30 Mar 14:31 
 
A:
Hallo Hans
Baie dankie vir jou navraag en besoek aan SurferBayBooks.
Ek het sopas met die Skrywer gekonsulteer oor die inhoud van jou vraag. Sy terugvoer is dat die Afrikaanse weergawe 'n basiese vertaling van die Engelse weergawe is, maar met 'n ekstra hoofstuk asook meer fotos.
Ek vertrou dit help.
Groete.
Martin
UPDATED: 30 Mar 20:31
Hi Hans
Jy is welkom.

Mooi loop
Martin
30 Mar 15:56 
 
Q:
How much will the postage be for these 2 books?
UPDATED: 15 Feb 12:54
Thank you for the answer. I want to buy a signed copy of the Enlish and Afrikaans book. I'll pay R25 for each postage costs but please try and send in one parcel. - Asked by leclus (30 Rating score between 10 and 49)
15 Feb 09:59 
 
A:
Hi
Thank you for your enquiry and interest in my listings. This book comprises 448 pages. Weight = 1,5 kgs for two. Postage and packaging therefore will be R45.00.
In terms of your question you make mention of "these two books". The book as styled under in this listing is only one book. So I am not sure whether you are interested in two books. Postage for one only will be R25.00

Regards
SBB
UPDATED: 15 Feb 13:06
Hi

No problem. I will gladly combine the two books in one parcel. Postage of R45.00 will be enough.

SBB
15 Feb 11:09 
 
 

Buyer Feedback for Surferbaybooks (2485 Rating score between 1000 and 4999Verified User

The Commandant- General - Johannes Meintjes (1st editon 1971)
Comment:
arrived safely beautifully packaged excellent service please complete our ratings thank you very much
R180.00
rated on 18 May 2013
by wlhartwig (774 Rating score between 500 and 999)
Veldslag - Karel Schoeman (1ste uitgawe 1965)
Comment:
Baie dankie. Geen probleem,
R25.00
rated on 16 May 2013
by piejac02 (63 Rating score between 50 and 99)
Die Sprinkaanbeampte van Sluis - Jochem van Bruggen (1950)
Comment:
Baie dankie vir die boek en die goeie diens.
R15.00
rated on 16 May 2013
by Tierberg (549 Rating score between 500 and 999)