Jagters van die Woestynland - P.J. Schoeman - Nasionale Boekhandel - geen datum - Hardeband in mooi toestand - Intern: naam uitge wit, verder skoon en stewig gebind.Posgeld en verapkking R28.00Twihi, “kind van die winde” is oud genoeg om ’n man te kry. Haar pa Xameb wil haar spore vir die jagters van die woestynland gaan wys. Want by die Boesmans “sien jy ’n vrou mooiste aan haar spore”. Wat gebeur wanneer Twihi nie tussen twee mans kan kies nie? Die twee jagters dans die dans van die dood. In Jagters van die woestynland is Twihi en Xameb die mondstukke van die swerwers van die woestynland. Xameb vertel van die wette van die Heikum-Boesmanstam. Hy vertel van die wette van die grafte, en van die wet dat ’n Boesmanseun eendag ’n vader moet word. Twihi vertel stories met onveranderlike waarhede oor die dogters van die aarde. Maar selfs haar stories is nie altyd genoeg om die sluier te lig oor die hart van ’n vrou nie. Is daar ’n man wat kan sê watter winde daar saans deur die hart van ’n vrou waai?
|
by Lourens2 (27
by Venske (50
by paulfischer (41