This item has closed.
View all items in the bidorbuy category Africana

Don Quijote de la Mancha - Miguel de Cervantes; vertaal deur Andre P Brink 1966
bidorbuy ID: 72289227

Don Quijote de la Mancha - Miguel de Cervantes; vertaal deur Andre P Brink 1966

R350.00

Hardeband met stofomslag, 1ste bladsy uitgeskeur, kleefbandmerk voor- en agterin,1966 uitgawe, baie goeie toestand.

Don Quijote deur Miguel de Cervantes was die wereld se eerste volwaardige roman, en bly vandag nog een van sy grootstes. Die boek is in dosyne tale vertaal, en beklee 'n belangrike posisie in die kultuurbesit van feitlik elke beskaafde volk.

In Afrikaans was alle uitgawes tot dusver blote oorvertellings, dikwels baie sterk vereenvoudig en altyd baie sterk verkort. Die meeste van die bekende episodes is dan behou, maar dit was ook omtrent al. Om net aan Don Quijote te dink as die mal ridder wat die windmeulens bestorm het, se Andre P Brink tereg in sy voorwoord, doen 'n onreg aan " Cervantes se magtige boek, die vader van alle romans."

Hierdie Afrikaanse uitgawe van Don Quijote is inderdaad verreweg die volledigste vertaling wat nog in ons taal verskyn het, en die enigste waarin die gees en tekstuur van die oorspronklike in belangrike mate bewaar is. Dit is ook die eerste en enigste Afrikaanse uitgawe met die outentieke oorspronklike illustrasies van Gustav Dore, wat deur die jare al so innig met Don Quijote verbonde geraak het dat 'n standaard-uitgawe sonder hulle feitlik ondenkbaar is. Byna honderd van hierdie pragtige tekeninge, elkeen 'n klein kunswerk, is in hierdie boek afgedruk.


Loading Shipping and Payment Options